Polisiebeampte, meisie geskiet
2011-08-14 17:56
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte van Limpopo is gewond en sy meisie is doodgeskiet in ‘n aanval in Siyandhani naby Giyani, het die polisie Sondag gesê.
Die 28-jarige konstabel se dienspistool is gebruik om hom in die been en maag te skiet en om sy meisie, Onia Mayimele (20), dood te skiet, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Die polisiebeampte is in die hospitaal opgeneem.
Volgens Ramatseba kon die polisie nog nie vasstel wie die paartjie aangeval het nie.
Die moontlikheid dat die konstabel sy meisie geskiet en toe probeer het om homself te skiet, word nie uitgesluit nie, het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA