Polisiebeampte in polisiekantoor doodgeskiet
2011-09-09 21:56
Johannesburg – Twee mense, onder wie 'n polisiebeampte, is in ‘n skietery by ‘n polisiestasie in Middelburg, Mpumalanga, doodgeskiet.
Luitenant kolonel Leonard Hlathi sê die
29-jarige wat tydens die skietery dood is, is Vrydagmiddag vir diefstal in hegtenis geneem.
Hy het ‘n polisiebeampte se dienspistool gegryp en
die polisiebeampte wat besig was om sy papiere in te vul, sersant Hennie Steyn (33),
in die bors geskiet.
Hy is binne oomblikke deur die ander polisiebeamptes in die kantoor doodgeskiet.
Steyn is 'n paar uur later in ‘n hospitaal in Middelburg
oorlede.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA