Polisiebeampte in hof wat op kollega skiet

2011-12-05 18:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Polisiekonstabel het Maandag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord nadat hy skote op ‘n vroulike konstabel afgevuur en haar beseer het, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Die landdroshof op Leeu-Gamka het die verhoor van Graham Wicomb (26) tot Donderdag uitgestel. Hy bly in aanhouding.

“Wicomb is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy op sy kollega, wat van diens af was, geskiet het in 'n parkeergebied in Aalwynstraat,” het kapt. Bernadine Steyn gesê.

“Die verdagte, wat ook van diens af was, het sy Toyota Tazz langs haar parkeer en haar te voet genader.”

Hy het na bewering sy amptelike vuurwapen gebruik om op haar te skiet. Die deur van haar motor is aan die bestuurderskant beskadig. Sy het skaafwonde aan haar bene opgedoen, het Steyn gesê.

“Hy het haar toe uit die voertuig getrek en nog ‘n skoot afgevuur, maar dit het haar nie getref nie. Hy het haar toe na ‘n nabygeleë braai-area geneem om met haar te praat.”

Die beseerde konstabel is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Volgens Steyn is ‘n interne polisie-ondersoek geloods. Wicomb se vuurwapen is vir forensiese toetse geneem.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: polisie  |  skietery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Wat gee die regering werklik om. AL waaraan hulle belang stel is hulle eie sakke. Kyk na al die onnodige uitgawes wat hulle aangaan. Dit is geld vir partytjies, oorsese reise, opknapping van hulle paleise, weelderige motors, noem maar enige luuksheid op en daar is geld. Dan word die geld wat nie daarvoor gebruik word nie gesteel of aan onwettige tenders toegestaan. Indien hulle so voortploeter sal daar beslis nie geld vir werkskepping wees nie. Bly iemand begin dit raaksien. Hulle moet druk op die regering begin toepas. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.