Polisiebeampte in hof wat glo gevangene verkrag
2012-01-09 21:04
Johannesburg – ‘n Een-en-dertig-jarige polisiebeampte wat in hegtenis geneem is nadat hy na bewering ‘n verhoorafwagtende gevangene verkrag het, sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning in Maart, het die polisie in KwaZulu-Natal Maandag gesê.
Die konstabel het verlede week in die hof verskyn en sy saak is tot 30 Maart uitgestel. Hy sal tot dan in aanhouding bly, het kol. Jay Naicker, woordvoerder, gesê.
Hy het na bewering op 18 Desember verlede jaar ‘n verhoorafwagtende gevangene by die Glendale-polisiekantoor verkrag.
‘n Polisiebeampte het “vreemde geluide” uit die selle hoor kom en het ondersoek ingestel.
“Hy het die 32-jarige vrou daar gevind. Sy het aan hom gesê sy is met ‘n geweer aangehou en verkrag.”
Die vrou was in aanhouding vir aanranding.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA