Polisiebeampte in hof vir korrupsie
2011-10-25 20:06
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy na bewering omkoopgeld van ‘n sakevrou wou hê, het die polisie gesê.
Ao. Derrick Mogale is op R2 000 borgtog vrygelaat, het McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, gesê.
Die verhoor is tot 24 November uitgestel vir verdere ondersoek.
Die polisie het ‘n lokval gestel en Mogale vroeër Dinsdag in hegtenis geneem, kort nadat hy R5 000 van ‘n sakevrou geneem het.
“Die vrou het die polisie in kennis gestel nadat Mogale na bewering gedreig het om haar in hegtenis te neem en gesê het sy skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens R17 miljoen.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA