Polisiebeampte bestuur glo dronk aan diens
2011-06-30 19:57
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy na bewering dronkbestuur het terwyl hy aan diens was, het die polisie Donderdag gesê.
Johannes Jaftha, woordvoerder van die polisie in Cullinan, het gesê ‘n man het vermoed die adjudant-offisier was dronk toe hy Woensdag met hom gepraat het.
“Hy het gesê die beampte se spraak was slordig en hy kon nie ordentlik op sy voete staan nie,” het Jaftha gesê.
Die stasiebevelvoerder is sedertdien uit aanhouding vrygelaat en is gewaarsku om in die Cullinan-landdroshof te verskyn. Die datum van sy verskyning is nog nie vasgestel nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA