'Polisie wou roof, kaap, moor'
2009-08-18 12:51
Johannesburg – Twee Noordwes-polisiebeamptes staar elk ‘n aanklag van poging tot moord en roof, asook ‘n klag van motorkaping in die gesig nadat hulle ‘n man van Brits glo gedwing het om ‘n boete te betaal.
Christiaan Wynand Rudolf Nel is deur twee beamptes afgetrek nadat hy vermoedelik ‘n rooilig oorgesteek het, het sup. Junior Metsi, ‘n polisiewoordvoerder gesê.
"’n Rusie het ontstaan weens 'n sogenaamde spoedoortreding en ‘n boete van R2000 is uitgereik,” het hy gesê.
Nel het sy meisie gebel en sy het gereël dat hy die geld sal ontvang.
"Nel het die geld ontvang en is daarna saam met die twee polisiebeamptes in sy eie motor weg. Een van die verdagtes het sy motor bestuur."
"Sy meisie het haar pa om hulp gevra, wat toe 'n sekuriteitswag gestuur uitgestuur om agter Nel te kyk. Die wag het die motor toe agtervolg tot waar Nel ‘n R1000 aan die beamptes oorhandig het."
"Dit blyk of een van die beamptes die sekerheidsmotor gewaar het. Hy het moontlik paniekerig geraak en is met Nel se motor weg."
"Nel het na die sekerheidsbeamptes gehardloop en talle skote is afgevuur. Die ander beampte het toe in sy ampsmotor gevlug," het Metsi gesê.
Nel se verlate motor is later die Maandag opgespoor.
‘n Kriminele en interne ondersoek is geloods en die saak is aan ‘n senior aanklaer oorhandig vir verdere prosedures.
"Die Noordwes-polisie sal alles moontlik doen om misdaad en korrupsie buite en binne die polisie uit te wis,” het Metsi gesê.
- Sapa