Polisie waak buite skool in Roodepoort

2011-10-20 13:19
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die polisie is gevra om die gebied om Hoërskool Die Burger in Roodepoort, waar Louise de Waal ontvoer is, te patrolleer, het die Gautengse departement van onderwys Donderdag gesê.

"Ons het die polisie versoek om gereeld verby die skool te ry om groter polisiesigbaarheid te bewerkstellig en potensiële misdadigers af te skrik," het Charles Phahlane, woordvoerder van die departement, gesê.

Dít volg nadat 'n man Woensdag in hegtenis geneem is nadat hy 'n 18-jarige meisie buite die skool wou ontvoer.

Die meisie het op 'n sypaadjie naby die skool gesit toe die 21-jarige man haar met 'n skroewedraaier gedreig en haar in die kattebak van sy motor wou forseer.

'n Sekuriteitswag by die skool het gesien wat gebeur en het die polisie in kennis gestel.

Die polisie ondersoek of die man by ander sake in die gebied betrek kan word.

Phahlane het gesê die provinsiale departement van onderwys het ná die voorval 'n berader na die skool gestuur om met die meisie te praat

"Ons is bly dat die polisie die persoon vinnig in hegtenis geneem het. Ons hoop die polisie kan lig werp op wie die persoon is en hoekom die skool geteiken word."

Die man verskyn Vrydag in die Roodepoort-landdroshof.

Phahlane het gesê Barbara Creecy, provinsiale minister van onderwys, het Donderdag 'n program vir skoolpatrollies geloods.

Skole sal afhangend van hul "risiko­profiel" van sekuriteit voorsien word.

Louise is verlede week ontvoer. Haar lyk is dieselfde dag op 'n plaas in Magaliesburg gevind.

Die sogenoemde "Sondag-verkragter" Johannes Jacobus Steyn het homself aan die polisie oorgee ná dié misdaad. Sy saak is tot Desember uitgestel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: louise de waal  |  moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... NIKS! Dis nie binne hul vermoee om te ontwikkel nie! Hulle is 'n nasie wat TEER...en die enigste een van hulle wat dit ooit, publiek erken het,('n neger predikant), is vermoor daaroor! Kyk gerus "Miss Ann", die beste video materiaal ooit! Beskikbaar op UTube. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.