Polisie vind vragmotor vol ammunisie
2009-10-23 19:53
Durban - Bokse vol ammunisie is Vrydagmiddag in Durban se Springfieldpark gevind, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
“Ek kan bevestig dat die polisie ‘n vragmotor vol ammunisie gevind,” het dir. Phindile Radebe gesê.
“Verskeie mense is reeds in hegtenis geneem en ons is besig om die bokse wat gevind is te tel,” het Radebe gesê.
Die bokse is moontlik vanuit ‘n stoor in Pretoria gesteel.
–Sapa