Polisie vind 1300 porno DVD's
2009-09-24 11:14
Pietermaritzburg – Speurders in Pietermaritzburg het beslag gelê op ongeveer 1300 vervalsde DVD’s en 200 eksplisiete pornografie video’s, het die Witness Donderdag berig.
Volgens kapt. Jageesh Singh het die polisie ook in Northdale, Pietermaritzburg, beslag gelê op leë DVD’s, toerusting wat gebruik word om DVD’s te vervals en rekenaartoerusting.
‘n 28-jarige man is gedurende die klopjag in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
Singh het gesê dat dit onwettig is om films te kopieer en dat die verkope van pornografie gereguleer word.
“Maar dit word ook verkoop aan enigiemand wat dit wil koop, insluitende kinders onder 18,” het hy gesê.
Daar word beraam dat die DVD’s ‘n waarde van R225 000 het.
- Sapa