Polisie verkrag glo jong ma

2009-10-27 06:48
Tweets Share Share line Print

Oliver en sy vrou praat oor die gebeure. (Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Twee polisielede in uniform het ’n ma van drie jong kinders glo eergister “herhaaldelik” in die vroeë oggendure in Kemptonpark, Johannesburg verkrag.

Martie Olivier (29) se man, Sarel, is daarna woedend na die Kemptonpark-polisiekantoor waar hy verskeie polisielede aan diens met die vuis aangerand het.

Volgens mnr. Olivier kon hulle later dieselfde dag nie klagte van verkragting indien nie, omdat die polisie glo nie hul verklarings wou afneem nie.

Olivier en sy vrou het Saterdagaand by sy ouers in Birch Acres gebraai, waarna hulle by ’n nabygeleë kroeg ’n drankie gaan drink het, het hy gister aan Volksblad vertel.

Hul nagmerrie het kort ná middernag op pad huis toe begin toe mnr. Olivier in ’n huis se oprit ingedraai en weer agteruit gery het om ’n U-draai te maak.

’n Gemerkte polisievangwa het toe skielik voor die egpaar se Toyota Run-X gestop.

Twee mans in polisie-uniform het daarna uitgeklim en die motor se deur aan die bestuurderskant oopgeruk, het mnr. Olivier vertel. Hulle het hom toe glo sonder enige verduideliking agter in die vangwa gegooi.

“Die een polisieman het na my gekom en gevra wat ek bereid is om te gee vir my man om los te kom,” het mev. Olivier vertel.

Sy het R400 wat sy by haar gehad het, vir hom gegee.

Hy het egter wéér gevra: “Is jy regtig lief vir jou man? Is daar nie meer wat jy kan doen nie?”

Hy het toe glo agter die stuur van hul motor ingeklim en na die Kemptonpark-polisiekantoor gery. Die polisievangwa het agterna gery, het mev. Olivier gister vertel.

“Sowat 200m van die polisiekantoor het ek gesien die motor trek van die pad, maar ek het niks daarvan gedink nie. Dis mos polisie,” het mnr. Olivier gister vertel.

By die polisiekantoor het die polisielid wat die vangwa bestuur het, die deure agter oopgeswaai en glo aan mnr. Olivier gesê “dat hy dronk bestuur het, maar nou kan gaan”.

Die ander polisielid het na bewering kort daarna in die Run-X met mev. Olivier op die passasiersitplek langs hom by die polisiekantoor aangekom. Toe mnr. Olivier langs haar in hul motor klim, het sy vir hom gesê sy is verkrag.

“Sy het getraumatiseerd gelyk en ek kon sien haar onderklere is geskeur,” het hy gister vertel. Hy het hierna kaalvuis onder polisielede ingeklim.

Mnr. Olivier se regterhand was gister nog verbind.

“Toe ek weer by my motor kom, was my vrou weg. Ek het gedink sy het weggehardloop.”

Sy het vermoedelik haar bewussyn verloor nadat een van die polisielede glo haar kop teen die instrumentpaneel gestamp het terwyl mnr. Olivier in die polisiekantoor was. Volgens mev. Olivier was twee polisielede egter by haar in die motor toe haar man in die polisiekantoor was.

Mev. Olivier het vertel sy het eers weer op die sitkamervloer van ’n onbekende huis wakker geword.

Haar volgende herinnering is dié van ’n sekuriteitswag wat haar in die blomtuin van die Boston-sakekollege wakker skud.

“‘Hy het my gevra hoekom die polisie my hier afgelaai het. Ek kon hom nie antwoord nie,” het sy gesê.

Ná ure se gesoek het mnr. Oliver haar glo eindelik om “presies 07:20” in ’n gehawende toestand vanaf die Boston-sakekollege sien stap. Hy het haar onmiddellik na die polisiekantoor geneem waar sy medies ondersoek is.

Semen is aan haar liggaam en rok gekry. Sy het ook sigbare beserings aan haar geslagsdele gehad.

Met Volksblad se besoek was daar ’n reuse-knop teen haar voorkop.

“Ek het krapmerke en bloukolle tussen my bene en aan my lyf. In ons motor was daar ook bloed van die eerste keer wat ek verkrag is,” het sy gister vertel.

Mev. Olivier neem sedertdien antiretrovirale middels om haar teen MIV/vigs te beskerm.

Die Oliviers het gister klagte van verkragting, aanranding en omkopery ingedien. “Ek kan nie nou alles presies onthou nie. Ek was so benoud toe ek die klag moes gaan indien. Ek wou nie eens soontoe gaan nie. Ek vertrou nou niemand nie,” het sy gesê.

Sy is egter vasberade om “sterk te wees”.

“Wie weet wie is volgende op hul lysie?”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: polisie  |  verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Henk sê... na analeiding van die skrywe dink ek dis tyd dat die afrikaner wakker skrik. mandela is nie die engeltjie wat julle wil glo hy is nie. hy is wat sy beeldpoetsers hom voorgehou het om te wees. hou op glo in "wat mandela wou gehad het" as dit dan so is, waarom tree hy nie tussenbeide nie? hy gee net soveel om vir die afrikaner as wat de klerk en sy gespuis omgegee het toe hulle die afrikaner verraai het. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.