Polisie trek vermeende moordenaar vas
2010-04-15 22:58
Johannesburg – ‘n Man wat verdink word van twee moorde en ‘n rooftog is Donderdag in Atteridgeville in hegtenis geneem, het die polisie in Pretoria gesê.
“Die polisie se nasionale intelligensie-eenheid, die Pretoria honde-eenheid en verskeie ander eenhede, het kragte saamgesnoer om die verdagte op te spoor,” het kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die lede het Woensdagaand begin werk en na ure van toegewyde polisiewerk een van die verdagtes vasgetrek.”
Die 19-jarige verdagte het glo op 2 April ‘n 24-jarige man in Atteridgeville doodgeskiet. Op dieselfde dag het hy glo ‘n paartjie in hulle huis beroof.
Na bewering het hy ook op 12 April ‘n Pakistanse man van R2000 beroof en hom doodgeskiet in Saulsville.
- Sapa