Polisie trek meer as 300 vas
2009-10-12 11:29
Johannesburg - Meer as 300 mense is verlede naweek vir ‘n verskeidenheid oortredings in Johannesburg in hegtenis geneem.
“Misdaadvoorkomings-operasies is van Vrydag tot vroeg Maandagoggend uitgevoer,” het insp. Xoli Mbele gesê.
Omtrent 327 mense is in die middestad in hegtenis geneem.
Twee mans is vas vir verkragting vasgetrek, terwyl nóg twee vir moord, agt vir huisbraak, 16 vir diefstal en 10 vir winkeldiefstal in hegtenis geneem is.
Talle ander kriminele is vir aanranding, vandalisme, huishoudelike geweld, kapings, intimidasie en ontvoering gevang.
“Meeste van die verdagtes sal Maandag in die hof verskyn,” het Mbele gesê.
- Sapa