Polisie stel dramatiese beeldmateriaal vry
2011-07-12 22:13
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het dramatiese kringtelevisie-beeldmateriaal van ‘n OTM-bomaanval in Soweto verlede week, waartydens ‘n polisie-reservis doodgeskiet is, vrygestel, berig IOL.
Die swaar gewapende groep van minstens 10 mans het van die toneel gevlug in ‘n wit Isuzu-bakkie en ‘n onbekende hoeveelheid kontant. Die bende het verlede Dinsdag omstreeks 22:00 by ‘n Total-vulstasie in Pimville toegeslaan.
Die bende het ‘n vroulike polisie-reservis, Busisiwe Mehlwana (33), doodgeskiet kort nadat sy by die toneel aangekom het.
Lees meer en kyk die beeldmateriaal by IOL.