Polisie soek na onderwyser se moordenaar
2012-01-16 18:03
Johannesburg – ‘n Soektog na die moordenaar van ‘n onderwyser, wie se lyk op ‘n rivierwal in Matatiele gevind is, is van stapel gestuur, het die Oos-Kaapse polisie Maandag gesê.
Die 39-jarige vrou is Saterdag by die Dlatyana-rivier gevind, het kapt. Ernest Sigobe in ‘n verklaring gesê.
“Haar lyf het steekwonde gehad en haar motor is naby die lyk gevind.”
Sy is Vrydag as vermis aangemeld. Die provinsiale polisiekommissaris, lt. genl. Celiwe Binta, het plaaslike inwoners gevra om die polisie te help om die moordenaar op te spoor.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA