Polisie soek OTM-bommers
2011-07-21 11:12
Johannesburg – Die polisie is op soek na vier lede van 'n bende wat daarvan verdink word dat hulle kitsbanke in Gauteng en KwaZulu-Natal opgeblaas het, berig RSG.
Luidens 'n polisieverklaring is die mans se gesigte op 'n kringtelevisiekamera vasgelê toe hulle vroeër vandeesweek 'n kitsbank in Vryheid in die noorde van KwaZulu-Natal opgeblaas het.
Die bende wat bestaan uit sowat tien mans is ook vermoedelik verantwoordelik vir die opblaas van 'n kitsbank vroeër die maand in Pimville in Soweto, waartydens die 33-jarige polisiereservis, Busisiwe Mehlwana doodgeskiet is.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter