Polisie slaan toe op vervalste produkte
2011-12-02 22:57
Johannesburg – Die polisie het die afgelope week meer as R50
miljoen in vervalste produkte gekonfiskeer, het minister Nathi Mthethwa gesê.
“Die klopjagte was op vervaardigers gemik...die
groot manne,” het Mthethwa, minister van polisie, gesê
Hy het tydens die bekendmaking van ‘n
nasionale veldtog teen vervalste produkte gepraat.
Volgens Mthethwa het vervalste produkte ‘n
negatiewe uitwerking op die ekonomie en werksgeleenthede.
“Dit is ‘n ernstige misdaad,” het die minister
gesê.
Die polisie het klopjagte op stalletjies by
die North Street taxi-saanplek en die omliggende area uitgevoer.
Volgens majoor-generaal Theko Pharasi was die
klopjagte, wat verlede Vrydag begin het, baie suksesvol.
Dertig mense is die afgelope week in verband
met vervalste produkte in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.