Polisie skiet vermeende moordenaar
2010-08-27 04:32
Johannesburg – ‘n 26-jarige vermeende moordenaar is Donderdag in Qumbu tydens ‘n skietery deur die polisie raakgeskiet en beseer, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die man het glo Saterdagaand ‘n 59-jarige man doodgeskiet tydens ‘n rooftog, het polisie-woordvoerder Mzukisi Fatyela gesê.
Die polisie het hom opgespoor en ‘n skietery het begin.
“Hy is in die arm geskiet en is nou in die hospitaal onder polisie toesig,” het Fatyela gesê.
Polisie het ook Donderdag beslag gelê op sy pistool.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA