Polisie skiet verdagte dood
2010-05-21 09:40
Johannesburg – ‘n 27-jarige man het gesterf tydens ‘n skietery met die polisie buite ‘n winkel in Dutywa in die Oos-Kaap, het die polisie Vrydag gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, is die polisie gekontak toe vyf mans Donderdagoggend omstreeks 11:00 probeer het om ‘n winkel te roof in die Chizela-informele nedersetting in Dutywa.
“Die verdagtes het glo die polisie sien aankom en in die veld geskuil. Hulle het daarna op die polisie begin skiet. Beamptes het teruggeskiet en ‘n 27-jarige verdagte is noodlottig gewond.
"Een verdagte (25) het homself aan die polisie oorgegee,” het Manatha gesê.
Die ander het op die vlug geslaan.
Die 25-jarige verdagte sal binnekort in die Dutywa-landdroshof verskyn.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.