Polisie skiet twee rowers dood
2011-10-12 18:04
Johannesburg – Die polisie het twee vermeende rowers in Ga-Masemola in Nebo, Limpopo, doodgeskiet, het die polisie Woensdag gesê.
Die vermeende rowers het omstreeks 23:00 Dinsdag op polisiebeamptes geskiet, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Die polisie het teruggeskiet. Die twee rowers is op die toneel dood.
‘n Pistool en ‘n rewolwer is langs die lyke gevind, het Ramatseba gesê.
Hy het gesê een van die rowers, Johnny Diale (31), het na bewering Saterdagmiddag ‘n man in dieselfde dorp doodgeskiet.
“Diale het gespog daaroor dat hy twee vuurwapens het, voordat hy die 25-jarige man geskiet het.”
Ramatseba het gesê Diale is ook gesoek in verband met 12 ander misdade, insluitende moord, poging tot moord, verkragting en motordiefstal.
Die misdade is tussen Januarie en Augustus in verskeie dorpe in Nebo en die omliggende gebiede gepleeg.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA