Polisie skiet rower dood
2011-08-02 22:02
Johannesburg – ‘n Rower is doodgeskiet terwyl hy in Witbank,
Mpumalanga, van die polisie af weggehardloop het, het die polisie gesê.
Die polisie het twee rowers agternagesit kort
ná hulle ‘n winkel in Vosman beroof het.
“Een van die verdagtes het op die polisie
begin skiet ,” het polisiebeampte Leonard Hlathi gesê.
“Die polisiebeamptes het op hul beurt teruggeskiet
en een van die mans is doodgeskiet.
“Die ander rower het weggekom,” het Hlathi
gesê.
Die polisie het gesteelde foonkaarte in die man se besit
gevind.
Volg Nuus24op Twitter.
- SAPA