Polisie skiet motorkaper dood
2010-08-27 01:46
Johannesburg – ‘n Kaper is Donderdag in Kagiso doodgeskiet, het polisie in Gauteng gesê.
Hy was glo in ‘n motor wat die polisie probeer stop het, het ao. Solomon Sibiya gesê.
Die insittendes het die polisie se flikkerende blou ligte geïgnoreer en weggejaag, het hy gesê.
“Die verdagtes het die deure oopgemaak terwyl die motor nog beweeg het en dit het beheer verloor.
“Nadat die motor tot ‘n stilstand gekom het, het die verdagtes uitgespring. Die polisie het hulle gewaarsku om te stop, maar hulle het nie geluister nie,” het hy gesê.
Polisie het ‘n skoot gevuur en een van die verdagtes doodgeskiet. Die ander een is steeds op vrye voet.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA