Polisie skiet gesoeke misdadiger
2010-09-01 00:45
Johannesburg - ‘n Zimbabwiese man wat gesoek was in verband met verskeie misdade in Musina is Maandagaand deur polisie doodgeskiet.
Volgens kol. Mohale Ramatseba is die 37-rarige man glo deur polisie geskiet terwyl hy in hegtenis geneem is.
“Die verdagte is glo in die bors geskiet en is dadelik dood,” het Ramatseba gesê.
Die man is gesoek in verband met verskeie misdade, insluitende gewapende roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die besit van ‘n onwettige vuurwapen.
‘n Saak van moord is ná die voorval geopen.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA