Polisie se tyd gemors in soektog na 'ontvoerde'

2011-08-02 09:09
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Polisie-mannekrag en tyd is ’n tweede keer in ’n week in Pretoria vermors nadat iemand as vermis aangegee is terwyl hy in werklikheid op ’n dwelmfuiwery was.

Die polisie het sedert Sondagaand meer as 12 uur na Andrew Potgieter (31) gesoek nadat ’n kollega ’n oproep van ’n dwelmhandelaar ontvang het dat hy vir ’n losprys van R3 000 aangehou word, het ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Terwyl nege polisiebeamptes in vier polisievoertuie tot laatnag inligting opgevolg en in woonstelblokke in Sunnyside na Potgieter gesoek het, het hy in ’n dwelmhandelaar se meenthuis in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, kokaïen-rocks gerook.

Volgens Middleton is Potgieter Maandagoggend ongedeerd by sy huis in Garsfontein gekry.

Hy is in hegtenis geneem omdat hy sonder toestemming met sy vriendin se motor verdwyn het.

Polisielede het Maandagoggend na sy dwelmverskaffer se meenthuis gegaan, omdat Potgieter sy vriendin se skootrekenaar vir dwelms geruil het.

Toe die handelaar die skootrekenaar aan die polisie gegee het, het dié Potgieter gedreig: “Ek soek my geld. Ek weet waar jy bly.”

Die soektog na Potgieter kom nadat die polisie verlede week twee dae lank na Gerrie van Rensburg (29) gesoek het.

Van Rensburg, seun van ds. Jacie van Rensburg, moderator van die NG Kerk in Wes-Transvaal, het vir twee dae lank “Cat” en dagga gebruik en by vulstasies geslaap.

Hy het Donderdag by ’n niggie se woonstel in Rietfontein opgedaag.

“Wanneer iemand as vermis aangemeld word, moet die polisie so gou as moontlik gaan soek,” het Middleton gesê.

“’n Mens weet nooit of ’n persoon partytjie hou en wanneer sy lewe daarvan afhang nie.”

Die polisie soek steeds na Duncan Allan (20), ’n Tukkie-student, wat al twee weke lank soek is.

Middleton het bevestig in onderhoude met Allan se vriende het dit uitgekom dat dagga in die vriendekring gebruik is.

Sy het gesê die polisie skakel nie die moontlikheid uit dat dwelms ’n rol gespeel het in Allan se verdwyning nie.

Dit is in dié stadium nie duidelik wat met Allan gebeur het en of hy gekaap of ontvoer is nie.

Sr.supt. Alta Fourie, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê dwelmverwante ontvoerings is ’n probleem oor die stad heen.

Sr.supt. Julius Johnson, bevelvoerder van die Tshwane-metropolisie se operasionele taakspan, het bevestig jong mense wat by dwelms betrokke is, word bykans daagliks ontvoer.

“As ’n dwelmverslaafde se skuld te veel raak, vind die dwelmbase uit waar die persoon bly, ontvoer hom of haar en teister die familie vir ’n losprys,” het Johnson gesê.

“Die dwelmbase teiken jong, blonde meisies en jong mans. Hulle word aan heroïen verslaaf gemaak en bly dan by die dwelmbase of word dwelmhandelaars. Die meisies word ook verkrag.”

Middleton het gesê dwelmhandel, -misbruik en -vervaardiging raak ’n al hoe groter probleem in die ooste van Pretoria.

Die polisie het verlede maand op twee tik-laboratoriums in Waterkloof en Monumentpark toegeslaan en op dwelms en bates van R56 miljoen beslag gelê. Volgens Middleton “is daar nie ’n skool, restaurant, klub of bymekaarkomplek in die ooste waar daar nie dwelms is nie”.

’n Staatsaanklaer het Maandag gesê mense wat hulle aan sulke vals aanmeldings skuldig maak en van meineed aangekla word, kan gevonnis word tot drie jaar tronkstraf of ’n boete van tot R60 000 kry. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: sapd  |  polisie  |  vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... NIKS! Dis nie binne hul vermoee om te ontwikkel nie! Hulle is 'n nasie wat TEER...en die enigste een van hulle wat dit ooit, publiek erken het,('n neger predikant), is vermoor daaroor! Kyk gerus "Miss Ann", die beste video materiaal ooit! Beskikbaar op UTube. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.