'Polisie se statistieke is verkeerd'

2010-07-16 08:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die polisie se statistieke vir die getal plaasaanvalle en -moorde vir die 2008-’09-boekjaar is verkeerd.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Donderdag erken die statistieke is “per ongeluk” gedupliseer uit die polisie se verslag vir die 2006-’07-boekjaar.

Tot 794 plaasaanvalle waarin 86 mense vermoor is, is in dié tydperk by die polisie aangemeld.

Dieselfde statistieke het egter twee jaar later in die verslag vir die 2008-’09-boekjaar opgeduik.

“Die polisie en die minister betreur die fout,” het Mthethwa in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag van Dianne Kohler Barnard, DA-LP en -woordvoerder oor polisie, gesê.

Mthethwa kon nie antwoord op wat die korrekte statistieke vir die 2008-’09-boekjaar is nie, aangesien die polisie sedert 2007 nie meer afsonderlik boekhou van die hoeveelheid aanvalle en moorde op plase nie. Dit word sedertdien by die statistieke vir moorde en gewapende rooftogte ingereken.

Kohler Barnard het by navraag vuur gespoeg. Sy bevraagteken nou die geloofwaardigheid van die ander misdaadstatistieke wat in die 2008-’09-verslag verskyn.

“Ek het nog nooit tevore van so iets gehoor nie. As die polisie dié syfers bloot uit ’n vorige verslag kon knip en plak, hoe weet ons dit gebeur nie met die ander statistieke nie?”

Volgens haar laat dit ook bedenkinge ontstaan oor die ouditeur-generaal (OG) se kantoor wat veronderstel is om elke departement se jaarverslag vir foute en ongerymdhede te fynkam.

“Hoe kon die OG dit misgekyk het?”

Kohler Barnard wou onlangs in ’n parlementêre vraag aan Mthethwa weet hoekom die polisie nie meer afsonderlike statistieke vir plaasaanvalle en -moorde hou nie. Dié vraag is nog nie beantwoord nie, het sy Donderdagaand gesê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... NIKS! Dis nie binne hul vermoee om te ontwikkel nie! Hulle is 'n nasie wat TEER...en die enigste een van hulle wat dit ooit, publiek erken het,('n neger predikant), is vermoor daaroor! Kyk gerus "Miss Ann", die beste video materiaal ooit! Beskikbaar op UTube. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.