Polisie se nalatigheid kan Jub Jub help
2010-05-12 10:44
Johannesburg – Lede van die polisie kon geen alkohol in die omstrede hip-hop-ster en Survivor SA-deelnemer Molemo Maarohanye (Jub Jub) of sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, se bloed vind nie, berig The Star.
Dit volg nadat 'n bloedtoets eers ses ure ná die ongeluk op die paar gedoen is.
Die toets het getoon dat daar geen alkohol in die bloed van Maarohanye of Tshabalala was nie.
Die beskuldigdes moes egter binne twee ure ná die ongeluk getoets gewees het, berig die koerant.
Dié glips kan die staat se taak bemoeilik om te bewys dat die twee bestuurders inderdaad dronk was toe hulle 'n groep voetgangers raakgery en een gedood het tydens 'n jaagtog in Soweto.
Kliek hier vir die volledige berig.
Volg Nuus24 op Twitter.