Polisie red tiener uit bordeel
2010-06-07 16:05
Kaapstad - ‘n 17-jarige meisie is deur die polisie gevind nadat sy glo in Klerksdorp ontvoer en in ‘n bordeel in Table View, Kaapstad aangehou is.
“Die meisie is hierheen gelok met die belofte dat sy ‘n kinderoppasser sal wees. Sy het in ‘n bordeel opgeëindig,” het Neil Arendse, woordvoerder vir die polisie se spesiale taakspan, gesê.
“Die bordeel het sowat ‘n maand gelede oopgemaak. Die meisie het darem nog nie haar eerste kliënt gehad nie. Die meisie se ma het glo gereël dat haar dogter na Kaapstad geneem word om ‘n sekswerker te wees,” het Arendse gesê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA