Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Interne ondersoek kom ná skok-video

2013-02-28 15:52
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Donderdag haar kommer uitgespreek oor 'n beweerde voorval van polisiewreedheid waarin ‘n taxi-bestuurder in Daveyton, oos van Johannesburg dood is.

“Die saak word deur die nasionale polisiekommissaris in 'n ernstige lig beskou en word ook ten sterkste veroordeel,” het brig. Phuti Setati, Phiyega se woordvoerder, gesê.

Mido Macia, ‘n Mosambiekse burger, is Dinsdagaand dood aangetref in die Daveyton-polisiestasie se aanhoudingselle ná hy glo agter aan 'n polisievangwa vasgemaak en deur 'n straat gesleep is.

Setati bevestig dat die voorval aan die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gerapporteer is, en dat die polisie hul volle samewerking sal gee om te verseker dat geregtigheid geskied.

Phiyega het ook die waarnemende provinsiale kommissaris, maj.genl. Phumzo Gela, beveel om dadelik ‘n interne ondersoek van stapel te stuur.

Moses Dlamini, woordvoerder vir die Opod, het bevestig dat die saak ondersoek word.

Reggy Moalusi, adjunkredakteur van die Daily Sun, wat oorspronklik oor die gebeure berig het, het op die eNCA-kanaal verduidelik dat die voorval begin het toe 'n taxibestuurder aan die verkeerde kant van 'n straat geparkeer het.

"Die man het aan die verkeerde kant van die straat parkeer en hierdie twee polisiebeamptes was op patrollie, en hulle het sy taxi gesien.

"Toe die polisie hom genader het, het 'n bakleiery tussen hom en die beamptes begin," het Moalusi verduidelik.

Hy het beweer dat die man deur die straat gesleep is. Die slagoffer is later die aand dood weens kopbeserings.

"Hy is ongeveer 500 m ver gesleep."

Amnestie Internasionaal het die voorval as skokkend beskryf.

“Hierdie verskriklike voorval, wat buitensporige geweld behels, is die nuutste in ‘n rits ontstellende voorvalle waarin die Suid-Afrikaanse polisie wreed optree,” het Noel Kututwa, Amnestie Internasionaal se direkteur in Suider-Afrika, in ‘n verklaring gesê.

“Amnestie Internasionaal dring daarop aan dat die Suid-Afrikaanse regering ‘n openbare verbintenis maak om te verseker dat die polisie die gebruik van oormatige geweld en doelbewuste, geteikende moord, stopsit.”

Kyk hier na 'n video van die voorval. [WAARSKUWING: Ontstellende beeldmateriaal]
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: daveyton  |  geweld  |  polisie  |  sterftes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Sagitarius sê... @ Legens. Hoe voel dit as jou aspirasies sy gat gesien het??? Ek sien, en almal hier sien ook dat jou "Rainbow Nation" 'n katostrofiese mislukking is. Met al jou slim argumente het jy die stryd lekker verloor, maar tog probeer jy nog steeds om "Pose"te hou soos 'n kat op 'n warm plaat. HEhehehehe. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.