Polisie ondersoek baba se dood
2010-07-21 10:27
Johannesburg – Die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat die lykie van ‘n pasgebore baba in ‘n veld in Orlando, Soweto, gevind is.
The Times het vroeër berig dat die baba gebrand het. Kapt. Phepi Matlou, polisiewoordvoerder, kon egter nie hierdie bewerings bevestig nie.
“Ons wag steeds vir die resultate van die nadoodse ondersoek. Op hierdie stadium word ‘n saak van verberging van geboorte ondersoek,” het Matlou Woensdag gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA