Polisie nie bewus van klag teen Cope-LP
2010-05-11 02:20
Kaapstad – Die Wes-Kaapse polisie is nie bewus van die klag van poging tot omkopery wat na bewering teen Lorraine Mashiane, Cope-LP ingedien is, nie.
Die SABC het Maandag berig dat die polisie bevestig het hulle is besig met ‘n ondersoek.
Lt. Kol. Andre Traut, die provinsiale polisiewoordvoerder en sy kollega, kapt. Ezra October het egter gesê hulle is nie van so ‘n klag bewus nie.
Philip Dexter, Cope se woordvoerder het gesê die party is bewus van die kwessie en is besig om ondersoek in te stel.
Die uitsaaier het gesê die klag verwys na ‘n oudit-verslag van die party se parlementêre fondse.
‘n Russie oor die verslag het uitgebreek waartydens daar na Mashiane verwys is.
Sy het uit woede ‘n e-pos aan Mosiuoa Lekota, die partyleier gestuur waarin sy gesê het hy is “mal in sy kop”.
Sy het later vir die party se parlementêre leier, Mvume Dandala omverskoning gevra.
-Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.