‘Polisie neem my kaal af’

2011-08-09 07:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg –Twee polisiemanne het ’n 23-jarige bemarkingskonsultant van Pretoria glo gedwing om kaal uit te trek sodat hulle foto’s van haar kon neem.

Toe sy vra hoekom sy haar onderklere moet uittrek, het een van hulle volgens Marina Kloppers gesê: “Tonight I am God.”
Sy het Maandag klagte teen die twee polisielede, vermoedelik van die Pretoria-Wes-polisiekantoor, aanhangig gemaak in verband met die voorval op ­21 Julie.

Kloppers het dié oggend omstreeks 02:00 saam met Charise de Wit (22), ’n vriendin, in Mayville, Pretoria, gery.

Hulle het nie by ’n rooi verkeerslig stilgehou nie omdat hulle onveilig gevoel het, het Kloppers Maandag vertel.

Hulle het gesien ’n polisie­motor agtervolg hulle.

Dié motor het hulle van die pad probeer dwing. Toe die polisiemotor langs hulle was, het Kloppers gevra of hulle eerder na ’n veilige plek kan ry.

Toe hulle by ’n vriend se huis stilhou, het die polisielede haar uit die motor gepluk, op die grond neergegooi en oor die teerpad gesleep, het Kloppers gesê.

In ’n stadium het een van hulle bo-op haar gesit en sy gordel losgemaak om haar te boei.

Daarna is sy en De Wit agter­in die vangwa geboender.

Die polisielede het langer as twee uur met hulle rondgery.

Uiteindelik is hulle na die Laudium-kliniek geneem.

Daar het ’n verpleegster bloed by De Wit getrek. Sy wou ook Kloppers se bloed trek, al was sy net die passasier.

Sy het aan die verpleegster gesê die polisiemanne het haar aangerand. Dié het gesê sy moet haar klere uittrek en toe met ’n digitale kamera foto’s van haar geneem.

Daarna het die verpleegster die polisiemanne geroep wat in die hospitaalkamer ingekom het terwyl sy net haar onderklere aangehad het. Een het gesê hy wil sien waar hy haar seergemaak het – sy moet haar onderklere ook uittrek.

Toe het hulle selfoonfoto’s van haar geneem, het Kloppers gesê. “Ek sal dit nooit in my lewe vergeet nie.”

Daarna is sy in die vangwa na die Pretoria-Wes-polisiekantoor geneem en in ’n sel gegooi.

Toe haar pa, Willem Kloppers, uitvoerende sporthoof van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie, en vriende daar aankom, is hulle eers toegang tot haar geweier. Toe hulle uiteindelik by haar kom, was sy in ’n diabetiese koma.

Kloppers het na die Eugène Marais-hospitaal gejaag om vir haar medisyne te kry en het dit in die sel toegedien.

Sy het nie daarop gereageer nie. ’n Konstabel het toe aan hom gesê hy moet haar eerder net wegneem, hy sal verantwoordelikheid daarvoor neem as iemand vrae vra.

By die Eugène Marais-hospitaal het sy op die medisyne gereageer.

Sy is nooit van enige misdaad aangekla nie, het Kloppers gesê. Sedert die voorval ontvang sy sielkundige behandeling en drink sy antidepressante, anti-angsmiddels en slaappille.

“In die dag is dit fine, maar in die aand wanneer dit donker is, herleef ek die voorval weer.

“Ek sal nooit weer ’n polisieman kan vertrou nie.”

Sy was bang hulle sou haar verkrag, het sy gesê.

Kloppers het gesê: “Ek verstaan nie hoe enigiemand so iets aan ’n vrou kan doen nie.”

Ao. Annabel Middelton, polisiewoordvoerder, het gesê ’n saak van aanranding en onsedelike aanranding is by die Brooklyn-polisiekantoor teen die polisielede aanhangig gemaak.

Dit sal na die Pretoria-Wes-polisiekantoor oorgeplaas word. Brig. André Wiese, Brooklyn-stasiebevelvoerder, het gesê van sy kant af sal hy alles doen om te verseker dat dit reg ondersoek word.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... NIKS! Dis nie binne hul vermoee om te ontwikkel nie! Hulle is 'n nasie wat TEER...en die enigste een van hulle wat dit ooit, publiek erken het,('n neger predikant), is vermoor daaroor! Kyk gerus "Miss Ann", die beste video materiaal ooit! Beskikbaar op UTube. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.