Polisie nalatig; 10 verdagtes vrygelaat

2011-09-29 08:04
Tweets Share Share line Print

Ficksburg – ’n Groep van tien wat daarvan aangekla is dat hulle in 2009 ’n verlamde vrou en haar bejaarde ma wreed in ’n rooftog op ’n plaas by Rosendal aangerand het, is Woensdag hier in die streekhof vrygespreek weens ’n uiters swak polisie-ondersoek.

Streeklanddros Ollie Koekemoer het, toe hy die tien weens onvoldoende bewyse vrygespreek het, uitgevaar teen die polisielede wat in die ondersoek betrokke was en oor hul swak polisiewerk.

“Die slagoffers het alle reg om vandag te voel asof die strafregstelsel hulle in die steek gelaat het. Daar het net hierdie week weer ’n plaasaanval in die omgewing gebeur. Talle boere en hul werkers leef in afsondering en staar hierdie gevare in die gesig en dan is dit die wyse waarop ’n ondersoek gedoen word.”

Elf mense het die verlamde Petronella (Nellie) van Rensburg (53) en haar ma, Martha van den Berg (76), op 8 Junie 2009 in hul huis op die plaas Rooihoogte oorval en wreed aangerand.

Mnr. Van Rensburg en werkers het beeste op van sy ander plase gevoer.

Hul huishulp, Anna Lesesa, het in die aanval uit die huis gevlug en hulp ontbied.

Met mnr. Van Rensburg en ander boere se aankoms op die plaas, was die rowers reeds weg.

’n Haelgeweer, .22-geweer, .22-pistool, windbuks, drie selfone, ’n Londen-pen en R900 is geroof.

Die groep vermeende aanvallers is gou vasgetrek.

Hoewel ’n Londen-pen en ’n .22-pistool in die besit van twee van die vermeende aanvallers gekry is, was daar nie genoeg bewyse in die verhoor dat dit wel die Van Rensburgs se eiendom was nie.

Koekemoer het in sy uitspraak gesê: “Daar was geen getuienis voor die hof dat die vuurwapens vir vingerafdrukke getoets is nie.

“As ek sien hoe hierdie saak gehanteer is, betwyfel ek dit in elk geval sterk.”

Mnr. Van Rensburg het ook in die hof gesê geen polisiebeampte het die pistool aan hom gewys sodat hy dit kon uitken nie.

Mnr. Van Rensburg het wel die Londen-pen uitgeken as dié van sy vrou en het gesê dat die pen uniek is. Hy kon egter nie verklaar waarom die pen so uniek is nie. Daarom was daar nie genoeg getuienis om die beskuldigde wat met die pen betrap is aan die aanval en rooftog te verbind nie.

Lesesa het destyds een van die vermeende aanvallers uitgeken. Sy kon egter nie in die hof staaf waarom sy hom uitgeken het nie en het erken dat sy die vermeende aanvaller net skraps gesien het.

Koekemoer het gesê dit grief hom om te weet ’n klomp ervare polisiebeamptes en -offisiere was in die ondersoek betrokke en dat die ondersoekwerk so swak was.

Die groep wat Woensdag vrygespreek is, is Mpho (37) en Mosa Ntsukunyane (34), twee broers van Sterkspruit, Mphosi Letsolo (58) van Lesotho, Pascalina Lepelesana (35) van Botshabelo, Rorisang Makgetha (23) van Sterkspruit, Tshoanelo Shasha (31) van Roodepoort, Thompson Kubheka (36) van Rustenburg, asook Emily Mahlawana (33) en Mothibedi Letube (34) en Pule Motseabane (42), almal van Ficksburg.

’n Elfde verdagte, Andriano Masinga, is intussen oorlede.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: hof  |  polisie  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... NIKS! Dis nie binne hul vermoee om te ontwikkel nie! Hulle is 'n nasie wat TEER...en die enigste een van hulle wat dit ooit, publiek erken het,('n neger predikant), is vermoor daaroor! Kyk gerus "Miss Ann", die beste video materiaal ooit! Beskikbaar op UTube. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.