Polisie met bakstene bestook by UWK

2010-08-24 06:54
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Vensters is gebreek, buitebande is aan die brand gesteek en die polisie is met bakstene bestook tydens nog ’n dag van betogings op die Universiteit van Wes-Kaapland se kampus.

’n Chaos het uitgebreek toe honderde studente weer eens betoog het omdat die die universiteit se bestuur volgens hulle nog nie gehoor gegee het aan al hul griewe oor finansiële bystand nie.

Die betoging het vreedsaam begin, maar nadat studente albei ingange na die universiteit versper het, het dinge begin handuit ruk. Die hoofingang en sekondêre ingang is vir langer as ’n halfuur versper.

Daar was meer as tien polisievoertuie op die toneel en ’n waterkanon is ingespan om die oproeriges te beheer. Twee vullisdromme is aan die brand gesteek.

Motors het van die ingang in Modderdamweg tot by die fakulteit lewenswetenskappe opgedam.

’n Motoris wat wou uitkom, het probeer om deur die skare te ry. Die studente het egter die motor gekeer en teen die vensters en bakwerk gekap.

Na dié voorval het die polisie by dié ingang opgedaag en die groep gevra om uit die pad te beweeg. Hulle het egter botweg geweier en die pad steeds versper.

Die polisiebeamptes moes rubberkoeëls uithaal voor die groep uitmekaargespat het.

Die polisie het tientalle van die studente in hegtenis geneem. Hulle wou egter nie sê waarheen die studente geneem sou word nie.

Teen laat gisteraand het die studente steeds luidkeels voor die polisievoertuie gesing.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: betoging  |  uwk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.