Polisie krap kop oor kaal lyk van vrou in boom

2012-02-22 07:10
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Die polisie krap steeds kop oor die identiteit van ’n naakte vrou wie se ontbinde lyk die naweek in ’n boom in die rykmansbuurt Belgravia gevind is.

Die lykskouing wat gister voltooi is, toon dat die vrou kaal was ten tyde van haar dood. Die polisie het ’n foto van ’n oorring uitgereik in ’n poging om haar te identifiseer.

Kons. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die lyk is Saterdagmiddag omstreeks 16:00 gevind.

“Die lykskouing toon dat sy ’n swart vrou was tussen 25 en 40 jaar oud. Sy was tussen 1,6 en 1,7 meter lank.

“Sy was reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding. Ons kon net ’n oorbel aan die lyk se linkeroor vind. Verskeie forensiese toetse is uitgevoer. Ons wag nog op daardie uitslae.”

Genl.maj. Jean Abrahams, polisiehoof in die stad, sê die polisie werk onverpoos om die raaisel en die moord op te los.

Die ondersoek word gelei deur ervare speurders onder leiding van kol. Avril Wentzel.

Donald Munro, langs wie se erf die boom staan waarin die vrou gekry is, sê hy het rondom 6 Februarie agtergekom daar hang ’n sterk reuk in die lug.

’n Paar dae later het hy en sy werker, Edward Morake, daaroor gepraat en Morake het gesê hy ruik dit ook.

Hulle het gaan kyk en ’n groot kol onder die boom gekry. Dit het gelyk asof iemand bloed daar gestort het. Morake het dit met grond toegegooi.

Hulle het probeer om tussen die takke van die boom te sien, maar die blare was te dig.

Hy het bleikmiddel en water op die kol gegooi.

Saterdag het ’n buurman se werker die lyk in die boom gesien. Die vrou was in ’n sittende posisie heel bo in die boom.

Enigiemand met inligting word gevra om ao. Marcus Mafaro by 079-504-7011 te bel.

Die ontbinde lyk van ’n Amerikaanse uitruilstudent, Melissa Dietzel (22), is op 12 Januarie in Randwick in Sydney, Australië, ook in ’n boom gekry.

Dit was nadat inwoners in die omgewing van ’n aaklige stank gekla het.

Die lyk was in ’n boom, sowat 10 meter van die grond af. Dietsel was ’n kinderoppasser in die stad. Sy was ’n maand lank vermis voordat haar lyk gevind is.

Dié boom is intussen afgekap.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: lyke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
85 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.