Polisie konfiskeer kameras wat op Mandela 'spioeneer'
2011-12-15 20:03
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse polisie het Donderdag beslag gelê op kameras wat onwettig oudpres. Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap afgeneem het, berig die BBC.
Twee nuusagentskappe word tans ondersoek, het ’n polisiewoordvoerder, Vishnu Naidoo, aan die BBC gesê.
Volgens 'n berig in die koerant The Times het internasionale nuusagentskappe sowat ses jaar lank kameras buite Mandela se huis opgesit.
Die kameras is by bure se huise geinstalleer.
Volgens Suid-Afrikaanse wet mag die president of voormalige presidente se huise nie afgeneem word nie.
- BBC
Volg Nuus24 op Twitter