Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Polisie jok oor Marikana, sê oorlewende

2013-02-27 14:06
Tweets Share Share line Print
Video - Dramatiese getuienis oor Marikana
'n Mynwerker het dramatiese nuwe getuienis gelewer voor die Farlam-ondersoekkommissie oor die gebeure by Marikana verlede jaar. KYK
 

Rustenburg – 'n Mynwerker wat die skietery by Marikana op 16 Augustus verlede jaar oorleef het, het aan die kommissie wat dié saak ondersoek gesê polisiebeamptes praat nie die waarheid oor die voorval nie.

Mzoxolo Magidiwana, 24, het na verskeie verklarings deur polisiebeamptes geluister waarin beweer word dat hy geskiet is ná hy self op die polisie losgebrand het.

Adv. Dali Mpofu, wat die mynwerkers verteenwoordig wat ná die voorval by Marikana in hegtenis geneem is, het die verklarings aan Magidiwana voorgelees en hom gevra om daarop te reageer.

“Dit is onsin,” het Magidiwana gesê.

Hy het aan die kommissie gesê hy het in sy hele lewe nog nooit 'n vuurwapen vasgehou nie, en weet ook nie hoe om een te gebruik nie.

Die polisie het getuig dat Magidiwana geskiet is in 'n poging om hom te ontwapen. Hy het na bewering 'n Z88-pistool met die embleem van die Suid-Afrikaanse polisiediens daarop in sy besit gehad.

Die polisie het hom in hegtenis geneem, maar kon hom nie aanhou nie weens sy erge beserings.

Magidiwana het in verskeie hospitale onder polisiebewaking aangesterk.

“Daardie saak pla my want ek weet nie eens hoe om 'n vuurwapen te gebruik nie. Die (polisie) het vals aantygings teen my gemaak. Ek het 'n swart knopkierie tydens die protesoptog gedra,” het Magidiwana gesê.

Altesaam 34 stakende mynwerkers is op 16 Augustus doodgeskiet en 78 beseer toe die polisie op 'n groep oproerige mynwerkers by 'n Lonmin-myn by Marikana geskiet het.

Tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte, is in die week voor die skietery naby die myn dood.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: marikana  |  lonmin-slagting
VOLGENDE OP NUUS24X

Winnie weer by Madiba

2013-06-18 17:57

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Kyk hoeveel aandag Malema steeds bly trek 'n jaar nadat hy uit die ANC is! Lees net hierdie menigskolom. As Malema 'n party skep, SAL hy beslis meer stemme trek as die skamele 146000 wat die VF-Plus landwyd in 2009 getrek het. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.