Polisie-hoë geskiet
2009-07-22 14:07
Johannesburg- Snr. supt Obed Ngwenya, bevelvoerder van Middelburg in Mpumalanga se eenheid teen georganiseerde misdaad is Woensdag by sy huis geskiet.
"Die bevelvoerder was by die asdrom buite sy huis. Op sy terugkeer na die huis het ‘n onbekende gewapende man op hom begin skiet”, het Kapt. Leonard Hlathi gesê.
Ngwenya is in sy regter- been en arm gewond.
Die oortreders het die toneel in ‘n Hyundai Tucson met Gauteng nommerplate gevlug en ‘n Toyota Corolla met Mpumalanga nommerplate agter gelaat.
Hlathi sê die moontlikheid dat die aanval gekoppel is aan die onlangse herstrukturering van die eenhede teen georganiseerde misdaad in Nelspruit en Middelburg is nog nie uitgesluit nie.
Die eenheid is geherstruktureer nadat Mandrax met ‘n waarde van R3.75 miljoen vroeër die maand vanuit ‘n polisiestoorkamer gesteel is.
Die provinsie se areakommissaris, Rex Machabi het polisielede 30 dae gegee om die rower in hegtenis te neem, maar na geen vordering in die saak gemaak is nie, is 24 van Nelspruit se eenheid teen georganiseerde misdaad na ander stasies ontplooi.
- Sapa