Polisie het hom nie voorgetrek, sê Block

2010-11-11 09:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kimberley - Hy is in die polisieselle soos enige ander Suid-Afrikaner in aanhouding behandel, het John Block Woensdag hier buite die landdroshof gesê.

Block, Noord-Kaapse ANC-voorsitter en Noord-Kaapse LUR vir finansies, ekonomie en toerisme, het Woensdag voor die landdroshof kortliks aan uitbundige ondersteuners na sy aanhouding verwys.

Block en ’n medebeskuldigde, dr. Gaston Savoi (57), ’n skat­ryk sakeman van Uruguay, is voorwaardelik op borgtog van R100 000 vrygelaat.

“Die polisie het vir my gesê om ’n matras en ’n kombers te bring, want dit is nie in die sel nie. Ek het nie wegneemetes in die sel geniet nie. Dit is ongesond. My kos is by die huis berei en gestuur,” het Block Woensdag gesê.
 
“Dit was my reg dat kos aan my voorsien word, want ek is nie ’n gevangene nie.”

Hy het sewe nagte in ’n enkelsel in die Transvaalweg-polisiekantoor geslaap, waar hy sedert verlede week aangehou is.

“Ek het in die sel gestort en gewas. Sommige mense wat my wou besoek, is weggewys. Nie almal kan soontoe gaan nie.”

Patrick Mabilo, LUR vir vervoer en veiligheidskakeling, het Block aan die arm gehad toe hy deur ’n hek voor die hof ingekom het.

Ander hooggeplaastes het hom omring.

Block het gesê hy het homself aan die polisie oorgegee. Hy het nie weggehardloop nie.

“Ek is hier om my onskuld te verklaar. Watter uitspraak die hof ook al maak, ons moet dit gehoorsaam.”

Die meeste van die provinsie se LUR’e was soos die vorige dag weer Woensdag teenwoordig.

ANC-leiers van die verskillende streke het Woensdag in kort toesprake gesê hulle sal Block tot die bitter einde ondersteun.

Block, Savoi en nog sewe beskuldigdes is verlede week in verband met bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R40 miljoen aangekeer.

- Die Burger

Lees meer oor: john block

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.