Polisie gryp in by ASA

2009-11-17 08:39
Tweets Share Share line Print

Cobus Coetzee

Johannesburg-Die polisie is gister ontbied en slotte is by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se hoofkantoor in Johannesburg vervang toe dié beleërde atletiekliggaam se uitvoerende hoof geweier het om sy pos te ontruim.

Molatelo Malehopo is vroeër die maand saam met Leonard Chuene, ASA-president, en vier senior bestuurders deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) geskors, maar Malehopo het gistermiddag steeds geweier om dié skorsing te aanvaar.

Chuene was nie gister op kantoor nie.
Ray Mali, Saskok se afgevaardigde wat ASA sal bestuur, het om 10:50 by die kantore in Houghton opgedaag en met personeellede vergader.

Malehopo wou Mali eers keer om met ASA se finansiële bestuurders te praat, maar het later die perseel verlaat.

Hy het egter sy kantoor gesluit en Mali het ’n slotmaker ontbied om die kantoor weer oop te maak.

Volgens Mali het Malehopo enkele ure daarna wéér by die kantore opgedaag en probeer om by die agterdeur in te sluip. “Hy (Malehopo) het gesê sy regsadviseurs het hom aangeraai om nie die skorsing te aanvaar nie. Hy het gesê hy werk vir ASA en Saskok kan hom nie skors nie,” het Mali gesê.

Mali het die polisie ontbied, waarna hulle Malehopo by die kantore uitgehelp het en hy die kantoor se slotte laat vervang het.

’n Spesiale kennisgewing is gister aan ASA-personeel gestuur om geen dokumente uit die kantore te verwyder nie. Dit geld ook CD’s, DVD’s, skootrekenaars en enige ander eiendom. Mali het dié opdrag aanDie Burger bevestig.

Volgens hom sal tugstappe teen die geskorstes so gou moontlik afgehandel word. Geen geskorste sal in dié tyd naby die kantore toegelaat word nie.

Die Burger het verneem Chuene sukkel ook om Mali se oorname te aanvaar. Hy wil glo ’n hofbevel bekom wat Mali toegang tot ASA se kantore sal verbied. Saskok sal so ’n interdik-aansoek in die hof teenstaan.

Chuene het – voor Mali se oorname – reeds die notule vir ASA se spesiale ledevergadering eerskomende naweek in Kempton Park opgestel.

Volgens dié notule wou hy verseker Saskok se inmenging by ASA se bestuur asook die leierskap van ASA moet bespreek word. Dit is nie seker of Chuene nou by dié vergadering toegelaat sal word nie.

Mali het gister beklemtoon hy het Chuene en Malehopo se pligte oorgeneem.

Chris Britz en Hendrick Mokganyetsi van ASA se uitvoerende raad het intussen ook hul bedankings ingedien.

Dit beteken Chuene en die oorblywende lede van die “geskorste” raad is effektief nie meer ’n kworum nie.

Ziggy Mutungwa, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekvereniging, is ook gister deur sy raad geskors en sal voor ’n tugverhoor moet verskyn.

Koos Engelbrecht, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Gestremde Sport, het sy steun by Saskok gevoeg.

Mali hoop om vertroue tussen ASA, borge, die atlete en die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) te herstel.
Die IAAF gaan nie meer soos verwag die naweek Caster Semenya se gender-toetsuitslae aan haar bekend maak nie. Dit sal glo later gedoen word.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: leonard chuene  |  asa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.