Polisie 'gereed vir opening'
2012-02-08 22:02
Kaapstad – Die Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (Joints) is gereed om die parlementsopening te polisieer, het Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder, Woensdag gesê.
“Die operasie sal grootliks hoë sigbaarheid van die verskeie sekuriteitsmagte in uniform behels. Sommige sal ook in gewone klere die gebied patrolleer in voertuie, te voet, op fietse, op motorfietse en met perde,” het hy in ‘n verklaring gesê.
“Die doel van die plan is om die implementering van onversetlike sekuriteitsmaatreëls te verseker, om die waarskynlikheid van kritieke voorvalle te verlaag en, in die geval van só ‘n voorval, die impak te verlaag deur gebeurlikheidsbeplanning.”
Joints sluit die SAPD, die SA Nasionale Verdedigingsmag, die verkeersdepartement en die intelligensiegemeenskap in, het Naidoo gesê.
Lt. genl. Nhlanhla Mkwanazi, waarnemende polisiekommissaris, is Woensdag ingelig oor Joints se gereedheid.
Volgens Naidoo sal Kaapse paaie naby die parlement van 06:00 Donderdag gesluit wees.
Daar sal ook beperkte lugruimte wees voor en ná die opening.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA