Polisie fnuik rowers se planne
2010-03-08 03:05
Johannesburg – ‘n 33-jarige man is in hegtenis geneem in Libode nadat hy glo betrokke was by ‘n rooftog in ‘n supermark, het die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.
Volgens supt. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, het die polisie glo ook vyf vuurwapens en 50kg dagga by die verdagte se huis gevind.
Drie gewapende mans het die supermark Saterdagmiddag omstreeks 16:00 geroof en is deur die polisie gevang toe hulle probeer vlug het.
“Die polisie het een van die verdagtes se huis deursoek en die vuurwapens en dagga gevind.”
– Sapa