Polisie fnuik Boeremag-ontsnapping
2011-05-31 15:05
Pretoria – Die uitgerekte Boeremag-verhoor is Dinsdagoggend onderbreek toe vyf van die beskuldigdes by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria probeer het om te ontsnap.
Tom Vorster, Vis Visagie, Herman van Rooyen, Rudi Gouws en Mike du Toit is aangekeer toe hulle tydens 'n verdaging vir tee probeer vlug het. Van Rooyen het tot by Kerkplein naby die hofgebou gevorder voordat hy aangekeer is. Die ander het nie so ver gekom nie.
Die Boeremagverhoor het agt jaar gelede begin. Van die aanklagte sluit 'n beweerde komplot in om die regering omver te werp en die vervaardiging van tuisgemaakte bomme om op strategiese plekke te plaas.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA