Polisie 'diep spyt' oor Marikana-sterftes
2012-10-22 17:57
Rustenburg – Die Suid-Afrikaanse polisie het gesê hy is "diep spyt" oor die skietdood van 34 mynwerkers in Augustus en het erken dat mag se reaksie dalk onredelik was, het die kommissie van ondersoek gehoor.
"Die situasie het buite beheer geraak," het Ishmael Semenya, vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens, erken terwyl hy die gebeure van 16 Augustus bespreek het.
Semenya het gesê al die polisie se optrede op daardie dag was uit selfverdediging en het gewys na twee vuurwapens wat later by een van die oorledenes gevind is, sowel as twee ander vuurwapens wat gevind is.
Semenya het verder gesê die polisie se bewyse sal toon dat sommige van die stakende 'n werkers 'n bloedbad wou hê en dat die polisie na die beste van hul vermoë opgetree het in 'n moeilike situasie.
"Die gebruik van uitermatige geweld was die laaste moontlike opsie. Dit was nie die polisie se bedoeling om moorddadig op te tree nie."
Semenya het ook erken dat beamptes van die taktiese reaksie-eenheid sonder instruksies, met skerp ammunisie losgebrand het op die betogers.
"Die bewyse kan onthul dat die reaksie van die polisie dalk onredelik was," het gesê.
Sommige familielede van die oorledenes het gehuil en hul trane afgevee terwyl die bewyse voorgelees is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP