'Polisie by tenderbedrog betrokke'
2011-11-20 16:01
Johannesburg – ‘n Ondersoek het 115 senior polisiebestuurders aan moontlike tenderbedrog gekoppel, lui 'n berig.
City Press berig die ondersoek het 215 voorvalle geïdentifiseer waar daar ‘n moontlike botsing van belange in die toekenning van tenders was.
Sommige van die 115 polisiebeamptes was direkteure of aandeelhouers in maatskappye.
Marika Muller, woordvoerder vir die polisie se spesiale ondersoekeenheid (SOE), sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het tot en met R50 miljoen aan dié maatskappye vir “verskeie dienste” betaal.
Sy sê die ondersoek het ook onreëlmatighede in die bou en instandhouding van 33 polisiestasies gevind.
Volgens die berig sal die ondersoeke in 2013 voltooi word.
Lees die volledige berig hier
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA