Omstrede onderwêreld-lid sterf in koeëlreën

2011-03-22 08:35
Tweets Share Share line Print

Bellville - Een van die mees omstrede figure in die Kaapse onderwêreld, Cyril Beeka (49), is laat Maandagmiddag in Modderdamweg, naby die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), in ’n vermeende sluipmoord doodgeskiet.

Hy was die bestuurder van ’n grys BMW X5. Sy passasier was ’n Rus, Sasa Kovasevic (36).

Twee mense het omstreeks 17:00 op ’n motorfiets tot langs die BMW gery, daarop losgebrand en weggejaag.

Die motor het van die pad geloop, deur ’n heining gebars en op sy sy geland.

Kapt. Joe Wilson, Delft-polisiewoordvoerder, het op die toneel gesê die motief is onbekend, maar alle moontlikhede word ondersoek.

Volgens Keri Davids, woordvoerder van die Metro-nooddienste, is die bestuurder in die kop geskiet. Hulle het langer as ’n uur gesukkel om Beeka se lyk uit die voertuig los te kry.

Edward Beeka, broer van die oorledene, het op die toneel gesê hy is gebel om soontoe te kom. Hy het gesien hoe hulle sy broer se lyk uit die voertuig haal. Cyril Beeka het nie meer in die Kaap gebly nie en was hier op besigheid.

“Ek het volle vertroue in die regstelsel en die polisie dat daar binnekort mense in hegtenis geneem sal word. My ma is al oud, maar ek glo sy het die krag om hierdeur te kom.”

Mo Shaik, wat glo bande met Beeka gehad het, het telefonies aan Die Burger gesê hy het gehoor van sy dood. “Ek is hartseer en my gedagtes is met sy familie – veral sy vrou en jong kinders.”

Op ’n vraag hoe lank hulle mekaar geken het, was sy antwoord: “Ek gaan nie sulke tipe vrae beantwoord nie.”

Shaik en Beeka het in 2007 saam by die ANC se konferensie in Polokwane opgedaag.

Beeka laat sy vrou, Sonia, agter asook drie dogters, waarvan die oudste Vrydag 21 jaar oud word.

Van uitsmyters en gesellinklubs tot Polokwane

Cyril Beeka, ’n voormalige MK-kader, was ’n omstrede figuur wat ook ’n bekende gesig in die Kaapse howe was.

- In 1994 het Beeka ’n verdagte in ’n moordsaak by die hof met die vuiste bygedam. Dié man het na bewering twee van Beeka se werknemers by sy sekerheidsmaatskappy, Pro Security, geskiet. Dié sakeonderneming, en later ook Red Security, is met die uitsmyterbedryf verbind.

- In 1998 het die geskorste hoof van die presidentstaakspan van die polisie in die Wes-Kaap, dir. André Lincoln, ’n klag van intimidasie teen Beeka en die omstrede Sisiliaanse sakeman Vito Palazzolo ingedien.

- In 1999 is hy saam met twee ander mans aangekeer nadat ’n vrou buite ’n gesellinklub aangerand is. Die vrou moes in die getuiebeskermingsprogram opgeneem word en die saak is herhaaldelik uitgestel.

- Beeka en vyf ander mans is in September 2000 in die Kaapstadse streekhof vrygespreek op aanklag van die moord op ’n Chinese matroos, Hong Liang Wu (23), buite die karaoke-kroeg Saigon in Langstraat.

- Beeka was na bewering ’n informant vir die intelligensiedienste van die Nasionale Party, en later ook vir die ANC.

- Die Skerpioene het in 2002 Beeka se onderneming Red Security in Loopstraat deursoek. Vragte dokumente en rekenaars is verwyder.

- Tydens die ANC se konferensie in Polokwane in 2007 is daar in SMS’e beweer mnre. Mo Shaik en Beeka is die eienaars van The Elexions Agency, wat die stemproses beheer het. Hulle het saam daar opgedaag. Nog een het beweer dat Shaik en Beeka ’n belang het in die maatskappy wat die sekerheid by die konferensie verskaf en die stemlokaal beveilig het.

- Hy was ook bevriend en het sake gedoen met Yuri (die Rus) Ulianitski, wat in 2007 by Woodbridge-eiland in sy Audi Q7 doodgeskiet is. Hulle het in die jare negentig saam nagklubs in Kaapstad besit.

- Die Tsjeggiese voortvlugtende Radowan Krejcir het by geleentheid gesê hy en Beeka is vriende. The Star het vroeër berig Beeka het glo gesê hy het George Louca (alias George Smith), wat verdink word van die moord op Teazers se eie­naar, Lolly Jackson, die aand van die moord gesien.

- Die Mail & Guardian berig Beeka se naam word verbind met die moord verlede jaar op die bekende Duitse sportmotor-opknapper Uwe Gemball wat by die O.R. Tambo-lughawe deur iemand opgelaai is. Sy lyk is in Atteridgeville, wes van Pretoria, gegooi.

- Die Burger

Lees meer oor: cyril beeka  |  sluipmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.