Polisie besluit FW moet koeëlvaste voertuig kry

2010-04-17 11:29
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Oudpres. FW de Klerk kry eersdaags ’n spesiale koeëlvaste voertuig om sy persoonlike veiligheid op te skerp.

Die polisie het dié voertuig twee maande gelede bestel, in dieselfde tyd toe die land die 20ste herdenking van die vrylating van oudpres.
Nelson Mandela gevier het.

Dit was nie op aandrang van De Klerk nie, maar op grond van hul eie intelligensiewerk.

Kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het aan Beeld bevestig dat Mandela en oudpres. Thabo Mbeki “lankal en nog altyd” in koeëlvaste motors ry.

Op die vraag hoekom die polisie juis nou besluit het om ’n soortgelyke voertuig vir De Klerk aan te skaf, het Naidoo gesê hy kan nie meer besonderhede bekend maak nie.

“Dis ’n operasionele kwessie. Ons maak nie inligting rondom belangrike persone se veiligheid bekend nie.”

Dave Steward, hoof van die FW de Klerk-stigting, het Vrydag gesê De Klerk het “informeel verneem” dat hy ’n koeëlvaste voertuig gaan kry. “Die veiligheidsvereistes word deur die polisie bepaal, dit was hul besluit.”

Volgens hom het De Klerk nog nooit buitensporige stappe gedoen om sy persoonlike veiligheid te verseker nie en laat hy dit aan kundiges binne die polisie oor.

Die stigting het wel ’n paar beledigende en erg aggressiewe e-posse wat ná die moord op Eugène Terre’Blanche, AWB-leier, aan De Klerk gestuur is, na die polisie verwys.

“Dit lyk na mense wat dalk ’n bedreiging kan inhou. Dis min van hulle en hoewel hulle nie direkte dreigemente gemaak het nie, is hulle baie aggressief. Daar is geskryf dat hy moet ‘boet’, dat hy ’n ‘volksverraaier’ is en dat hy ‘die bloed van boere op sy hande het’,” het Steward gesê.

Alle oudpresidente en hul adjunkte is ingevolge die ministeriële handboek op polisiebeskerming geregtig. Dit word grootliks deur die polisie se BBP-eenheid gehanteer.

Die koste van nuwe voertuie kom uit die departement van polisie se begroting. Beeld het Vrydag vasgestel ’n koeëlvaste voertuig kan tot etlike miljoene rande kos, afhangend van die model en vlak van veiligheid wat dit bied.

Volgens Reandren Thulkanam, produkbestuurder van Mercedes-Benz Suid-Afrika, bied die E-klas koeëlvaste voertuig beskerming teen handwapens.
Die koopprys is sowat R1,7 miljoen.

Die S-klas koeëlvaste voertuig kan AK47-aanvalsgewere en handgranate deurstaan en kos tot R6,3 miljoen.

Die voertuie word net op bestelling vervaardig en bestuurders word aangeraai om spesiale bestuursopleiding in Duitsland te kry omdat dit byna dubbel soveel as ’n normale voertuig weeg en anders hanteer.

 - Beeld
 

Lees meer oor: fw de klerk  |  regerings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.