Pmb loop deur onder stakers
2011-08-16 20:56
Pietermaritzburg – Stakende munisipale werkers het die strate van sentraal-Pietermaritzburg Dinsdag bemors en verskeie paaie moes noodgedwonge sluit.
Polisiebeamptes het die gebied rondom Commercial- en Langalibalelestraat afgesper terwyl pogings aangewend is om paaie en sypaadjies skoon te maak.
Brian Zuma, woordvoerder van die Msunduzi-munisipaliteit, het erken dat die staking ‘n impak op dienslewering het.
Die munisipaliteit sal onafhanklike kontrakteurs aanstel om na die water- en kragverwante probleme om te sien.
Die DA in KwaZulu-Natal het intussen ‘n beroep op Samwu gedoen om hul lede tot orde te roep. Met die staking wat sy tweede dag beleef het, het Sizwe Mchunu, DA-leier, bekommernis uitgespreek oor die gemors in die stad.
“Ons doen ‘n beroep op Samwu om onmiddellik hul lede tot orde te roep. Terwyl stakers die reg het om hul griewe te verklaar, moet dit op ‘n vreedsame en nie-destruktiewe manier gedoen word.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA