Platsak pasiënt steel glo ambulans

2010-05-01 15:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - 'n Pasiënt by Kopanong Hospitaal, Vereeniging, het na bewering Saterdag 'n ambulans gesteel omdat hy nie geld gehad het vir 'n taxi huis toe nie.

Volgens ER24 se Werner Vermaak het paramedici rondom 04:00 'n beseerde man na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die nooddienswerkers het hul ambulans in die hospitaal se parkeerarea gelos.

Toe hulle egter 20 minute later na die terrein terugkeer, was die voertuig soek.

Een van die paramedici het die gebou se sekuriteitspersoneel konfronteer en 'n wag het aan hom gesê 'n man met 'n verband om sy kop het in die ambulans geklim en gery.

"Die pasiënt het glo vir die sekuriteitswag gesê hy wou huis toe gaan, maar het nie geld vir 'n taxi nie," het Vermaak gesê.

Na bewering het 'n wag die hek buite die parkeerterrein vir die ambulans oopgemaak.

Lede van die polisie en paramedici het die voertuig later voor 'n huis in Springcole gekry.

"Die voertuig het nog geluier en die ligte was aan," het Vermaak gesê.

Daar was egter niemand in die huis nie.

Niks is uit die ambulans gesteel nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

- Sapa

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: diefstal

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.