Plan teen Malema

2011-06-26 09:00
Tweets Share Share line Print

Mnr. Julius Malema

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Bly en bou aan Suid-Afrika, eerder as om te emigreer of deur die ANC-jeugleier, Julius Malema, mismoedig gemaak te word.

Dít is die strekking van ’n nuwe plan waaraan ’n verskeidenheid organisasies onder leiding van die vakbond Solidariteit lankal werk, maar waarvan die instelling bespoedig gaan word ná Malema se jongste opruiende uitsprake en die ANC se onwilligheid om hom te repudieer.

Malema se rasgebaseerde uitlatings oor nasionalisering en grond-onteiening tydens verlede week se kongres van die ANC-jeugliga in Midrand het groot ontsteltenis veroorsaak, bespiegelings oor stygende emigrasie laat toeneem en vele Suid-Afrikaners laat wonder hoe ’n Malema-ramp in die land afgeweer kan word.

Solidariteit se hoofraadvergadering het eergister in Pretoria ’n spesiale bespreking gehad oor die gespanne klimaat in die land ná Malema se uitlatings.

“Sy uitlatings was rassisties. Die betekenisvolle onderreaksie van die ANC en swye van pres. Jacob Zuma stuur hul eie boodskap uit,” het dr. Dirk Hermann van Solidariteit aan Rapport gesê.

“Ons is teleurgesteld in die regerende party se hantering van die kwessie en ons kan dit nie daar laat nie.

“Die land se toekoms is te belangrik om toe te laat dat ’n heethoofdige jeugdige die nasionale agenda bepaal en ’n skadu oor die land se toekoms werp.”

Solidariteit het met kommer en instemming kennis geneem van oudpres. FW de Klerk se waarskuwing dat die Malema-uitsprake deel is van die ANC se hernieude toewyding aan die Nasionaal Demokratiese Revolusie (NDR) eerder as grondwetlike ideale.

“Daarom wil ons dit reguit en duidelik aan Malema en sy geesgenote stel dat Suid-Afrika ook ons land is, dat ons hier is om te bly en dat ons ons nie gaan laat rondstamp en vertrap nie,” sê Hermann.

“Ons gaan bly en ons sal nie stilbly nie. Ons sal nie toelaat dat sy rassistiese en ondemokratiese optrede ons van ons demokratiese regte en vryhede ontneem nie. Ons gaan ons nie uit die land laat boelie nie. Ons tuiste is hier.”

Solidariteit gaan eersdaags saam met ander burgerlike organisasies behoorlik nagevorste planne bekend stel om toe te sien dat mense behoorlik in Suid-Afrika kan floreer.

Die hooftrekke van die plan is in die kassie hieronder te sien.

“Pres. Zuma se gebrek aan leierskap het ’n vakuum geskep wat nou deur populiste gevul word. Hy bly stil, selfs as sy jeugleier in sy teenwoordigheid rassisties optree,” sê Hermann.

“Ons gaan ons goed vat en bly. Vir die meeste mense is weggaan nie ’n opsie nie. Malema kan maar skop en skreeu, ons staan vas.

“Malema en Kie. maak ons meer vasberade, want ons besef as gevolg van hulle moet ons harder werk om vir ons ’n toekoms te skep,” sê Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.

“Ons plan gaan ’n druk- en boustrategie behels. Die ‘drukstrategie’ gaan politieke druk op die regerende party wees wat internasionale skakeling gaan insluit.

“Ons het die afgelope maand gesprekke gehad met verskeie ambassade-verteenwoordigers en het reeds verskeie kontakte met internasionale burgerlike en regeringsorganisasies.

“Ons terugvoer van ambassade-verteenwoordigers is dat daar groot kommer oor die huidige landsklimaat en spesifiek beleggingsklimaat is,” sê Buys.

“Ons druk gaan ook ’n aggressiewe regstrategie insluit. Indien die staat buite die demokratiese regsraamwerk begin funksioneer, moet die burgerlike samelewing hulle deur die howe terugbring na die grondwetlike raamwerk.”

***

Omvattende plan


* Juridies – Plaaslike en internasionale reg sal gebruik word.
* Buitelands – Skakeling en oortuigingswerk in die AU, EU en VN, asook deur uitgewekenes in vele lande.
* Diplomatieke druk –  eral deur kontak met buitelandse ambassades in Suid-Afrika.
* Polities – Gesprekke met plaaslike opposisiepartye en met diegene in die regerende alliansie wat die gevaar besef wat Malema inhou.
* Veiligheid – Samewerking met die polisie indien opruiende uitsprake tot misdaad sou lei.
* Selfdoen – Die daarstel van burgerlike instellings wat omsien na burgerregte, maatskaplike dienste, eiendomsregte en veiligheid op plaaslike vlak.
* Onderwys – Kwaliteitsversekering en regshulp as beheerliggame populisties ondermyn word.
* Navorsing – Sorg dat die korrekte feite op die tafel is wanneer wetgewing of ander onderhandeling ter sprake kom.
* Geldelik – Bemark en finansier die poging.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  anc  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ochrana sê... As ek my kar van buite sluit kan dit nie van binne oopmaak. Slotte werk elektronies. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2000
R 65,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.