Plan met klimaat, water
2010-02-04 16:09
Kaapstad - ‘n Strategiese plan om die uitwerking van klimaatsverandering op die land se waterbronne te beperk word saamgestel.
“Wetenskaplikes voorspel dat die westelike dele van ons land in die toekoms droër gaan word, en die oostelike dele meer reënval gaan kry”.
Dít volgens dr. Harrison Pienaar, direkteur van hulpbronbestuur by die Departement van Waterwese en Omgewingsake. Hy het tydens die nasionale vieringe van Wêreld-vleilanddag in Pretoria gesê dít is een van die redes hoekom die departement tans ‘n strategiese plan vir die uitwerking van klimaatsverandering op die land se waterbronne saamstel.
Vier verskillende gebiede is reeds uitgeken waar die staatsdepartement moet toetree om die uitwerking van klimaatsverandering te help aanspreek. Dié gebiede sluit vleilande, kusgebiede, tropiese woude en gebiede belangrik vir voedselsekuriteit in.
Pienaar sê weens die invloed wat verandering van die klimaat reeds op Afrika het, is Buyelwa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake, angstig dat die plan afgehandel moet word.
“Die Minister wou dié verslag al gister gehad het!”
Vir die volledige storie, besoek landbou.com